RSS Feed

Wanneer gaan dit ophou??

Posted on

Dankie vir almal se bemoedigende boodskappe. Ek stem saam met alles wat julle sê en ek werk hard daaraan om myself rustig te kry en my kop reg te kry.

Ek, Adéle, Yvette en Ettienne het gisteraand weer bietjie buite gesit en lekker gesels. Ek het regtig gedink nou kan ons aangaan en weer elke aand bietjie buite sit. Ja, ons het nie so laat buite gesit nie, maar dis al klaar meer as wat ons tot gisteraand buite gesit het.

Dit was so lekker om te weet dat ons weer bietjie vryheid het en nie die heeltyd in die huis moet bly nie.

En wragtig, 4uur vanoggend is dit weer sulke tyd. Yvette bel my en sê daar is iemand by haar plek. Ek bel die ou(sy naam is ook Jaco) wat oorkant my bly met die hond en hy is daar uit. Hy bel toe vir Stefan(hy bly ook daar) en hulle gaan kyk toe wat aangaan. Nou ja, hulle kon hom nie kry nie, want hy het toe oor ‘n muur gespring.

Jaco het ons gerusgestel en omtrent ‘n kwartier later toe sy hond weer blaf, het ek gesien hulle hardloop weer agter toe.

Stefan het dadelik die polisie gebel – en raai wat – ons wag nog steeds vir hulle. Ek is gedaan, het net gisteraand gedink nou is ek reg, maar nou begin ek weer voor.

Drie keer in een week – wanneer gaan dit ophou??????

E

3 responses »

  1. Wanneer jy die wetter se stert vol ou lood jaag, dit is waneer dit ophou. Dan bel jy die polisie en se vir hulle jy het hom geskiet. Ek waarborg binne tien minute is daar ten minste 3 voertuie en 20 polisiemanne by jou

    Reply
  2. Ek stem met Jaco – laat die ysterbek praat. Vuur sommer ‘n skoot af in die grond. Sal die robbies 2x laat dink voor hy weer kom klouter.

    Reply
  3. Jong, vandat ek terug is in die land, ervaar ek ook ‘n vrees aan my eie lyf. Somtyds is daar niks konkreets nie, maar bang is ek. Lyk my almal in die land is bang, en daar is nie veel wat mens daaraan kan doen nie. Die polisie het al so slegte naam by die publiek. Soos Jaco se, hulle werk is nou om die lyke te kom optel, nie om te verhoed dat daar lyke is nie. Sterkte, ek het nie eens raad vir myself nie!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: