RSS Feed

Ai…….

Posted on

Hi almal, ja ek weet ek was lanklaas hier – ek vra verskoning.

Ek kan darem nou sê alles is by die nuwe kantoor reg en aan die gang, ons het so bietjie gesukkel met die wireless internet, maar dit is ook nou uitgesorteer en ek kan nou weer gereeld by almal inloer en hier ietsie skribbel.

Daar het ‘n paar dinge gebeur vandat ek laas hier was so ek gaan net kortliks vertel.

Baie geluk aan Michelle en Charlotte wat verjaar het!!

Baie geluk aan my sus met haar huweliksherdenking!!!!

Ek het ‘n heerlike paasnaweek gehad, ek  hoop julle sin was net so lekker.

Die lewe is so onregverdig. My mystery man moet nou vir 3mnde Lesotho toe gaan vir werk. Hy ry Sondag en dan sien ek hom eers weer einde Junie. My hart is baie seer, maar ek troos myself daaraan dat as dit so deur die Here bestem is dat ons wel bymekaar moet wees, dan sal dit so gebeur as hy terug is – nie waar nie???

Nou moet ek eers deur die naweek kom en die groetery agter die rug kry. Dis baie moeilik, want gisteraand toe hy by my was, wou ek hom nie laat gaan nie.

Dink aan my die naweek, ek kom weer volgende week gesels.

Lekker naweek vir julle!!!!!

3 responses »

  1. Geniet julle naweek, jammer om te hoor jou man moet weggaan vir 3 maande eish dit is lank hoor!!

    Reply
  2. JA meermin dit is baie lank. Net hy is nie my man nie – maar sal nie omgee as hy is nie.🙂

    Reply
  3. Hiehie, dalk een van die dae??

    By the way, jy is getag. Okay? 😛
    http://delliesedinge.wordpress.com/2008/04/03/skuil-daar-n-kunstenaar-in-jou/

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: