RSS Feed

Verrassing,verjaarsdag, nog ‘n eerste, goeie nuus…

Posted on

Wat ‘n week was dit nie. Die eerste week wat die skool begin het was so deurmekaar, dat ek nie heeltamal kop gehou het nie. Hopelik sal dit nou beter gaan.

My mystery man het my met ‘n baie kort besoekie verras. Ek was so verras toe hy sê dat ek die hek moet oopmaak, dat ek amper vir hom gesê het om nie sulke grappies te maak nie. Dit was die lekkerste verrassing wat ek in ‘n lang tyd gekry het. Ek was so bly om hom te sien en het hom net vasgehou en heimlik gehoop hy hoef nie terug te gaan nie, maar die realiteit is dat hy wel moet terug en ek moet berus. Ai, dit voel nog so lank. Ek kan nog dit hanteer in die week, maar sjoe ‘n naweek kan darem baie lank raak. Nog net 68 slapies!!

Dan wil ek ook vir my ma wat Dinsdag(22 April) verjaar het baie geluk sê! Hoop dit is ‘n wonderlike jaar en mag die Here ma seën!!!!

My seuntjie het gister sy eerste rugby wedstryd gespeel waarvan hy kaptein ook was. Hy het so mooi gespeel dat ek nie kon glo dat hulle soveel geleer het na net 3 keer se oefen nie. Hy het boon-op ‘n drie ook gedruk. Hulle spannetjie was agter met 10-0, maar nadat hulle kante geruil het, het hulle omtrent uitgehaal en gewys waarvan hulle gemaak is. Die eindtelling was 15-15. Ek is BAIE trots op hom.🙂

 

Dan ‘n brokkie goeie nuus. Die rower wat my buurvrou aangehou het, is uiteindelik gevang. Dankie tog!!!

Mooi bly!!

E

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: