RSS Feed

My klein entrepeneur!

Posted on

Ja, reg geraai dit was entrepeneursdag by die skool. Hulle noem dit sommer Markiedag!!!

Ben-Arthur was baie opgewonde oor sy eerste markiedag en het laaaaaank voor die tyd al besluit wat hy gaan verkoop en niks en niemand kon hom van plan laat verander nie. Hy het besluit dit sal tert wees met suigstokkies.

Ons het die tert toe in blokkies gesny en in cupcake houertjies gesit en hy het die suigstokkies binne-in gedruk om regop te staan. Hy het vir hom ‘n plakkaat gemaak vir sy tafeltjie. Ongelukkig kon ek nie daar wees om te  help met die eerste keer nie(het ongelukkig opleiding gehad), en ek moes hom los om op sy eie aan te gaan.

Ek het darem bietjie touwys gemaak en probeer sê watter kleingeld hy wanneer moet gee. Gelukkig was daar darem ander mammas wat bietjie gehelp het.

Hy was vreeslik opgewonde en ek is bly om te sê dat dit goed gegaan het. So goed dat hy sommer al sy wins dieselfde dag al geblaas het by die ander stalletjies.🙂

Nou ja, hoop julle het ‘n heerlike week. Ben-Arthur moet ‘n kultuurpop maak, wat Vrydag ingehandig moet word. Sal kom wys hoe lyk sy eindproduk.

E

One response »

  1. Elmien dis te cute!!! Ek hou van die eetgoed!! Goeie intrepeneur!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: