RSS Feed

Kwaad, kwaad, kwaad……..

Posted on

Ek is eintlik so kwaad hier waar ek nou sit en tik, dat ek nie weet waar om te begin nie. Ek werk vir twee adviseurs en ek geniet my werk, maar liewe hemel genoeg is ook genoeg.

Die een is die dierbaarste mens om voor te werk, maar die ander een – nou ja wat kan ek sê! Hoe moet jy jou werk doen as jy nie kans gegee word om dit te doen nie. Ek moet alle nuwe besigheid hanteer tot dit afgehandel is, ek moet kliënte bel en vereistes reël en so aan.

Nou, my probleem is dat elke keer as ek ‘n kliënt bel, dan moet ek hoor dat hy reeds die kliënt gebel. Ek klink dan soos ‘n damn bobbejaan!!!! Hoekom moet ek nog enigsins my opvolge doen as hy dit wil doen. O ja, en dan word die vorms sommer verkeerd afgestuur en wie kry dan die skuld – die uwe!

Ja nou hoor ek sommer almal van julle sê in ‘n koor dat ek met hom moet praat en al wat ek vir julle kan sê is: DIT HELP  NIE!!!! Ek is al hees gepraat en mooi gevra.

Hy weet ek is bedonderd vir hom, want ongelukkig (of gelukkig) kan ek nie my emosies wegsteek nie en dit wys sommer op my gesig hoe ek voel.

Ek wens eintlik ek kan my handsak vat en net uitgaan totdat ek afgekoel het, maar nou ja dit kan nie en ek moet maar op my tande byt en seker die beste van ‘n slegte saak maak.

Ek gaan nou maar verder probeer werk!! Dankie vir almal van julle vir julle geduld met my tantrum!!🙂

Lekker dag verder vir julle.

E

One response »

  1. Nee, gaan praat!! Wees kwaai, sê julle gaan nou sit en gesels en uitwerk wie doen wat, want jy kan nie jou werk ordentlik gedoen kry nie. Dit kan mos nie so aangaan nie. Niks mooi praat nie, wees kwaai😈 hahaha Ons vrouens weet mos hoe om kwaai te doen. A-nee-a!!!
    Sterkte!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: