RSS Feed

Nuwe begin, kultuurpop, vrouedag.

Posted on

Eerste wil ek vir my pa sê baie geluk met die eiendomsbesigheid!! Dis ‘n nuwe begin en ek glo en vertrou dat dit goed sal gaan. Met die Here elke dag langs pa kan dit net goed gaan en gaan die besigheid instroom!!! Hier is ietsie wat ek vir pa wil gee om te onthou!!

Altyd by jou!

Al oorval wat ook al jou,

God is altyddeur by jou,

laat jou hart dus nie onrustig

raak of jou gedagtes gevul

wees met vrees, want jy het

God se versekering dat Hy

altyd by jou sal wees.

Helen Steiner Rice

Dan het ek mos genoem van die kultuurpop wat Ben-Arthur moes maak en wat vandag ingehandig moes word. Nou ja, hier is hy met sy handewerk waarop hy baie trots is.

       

Hy het op Duitsland besluit en ‘n Duistertjie aangetrek. Hulle moet ook vandag so ietsie vertel van die land wat hulle gekies het. Hy het die hele pad skool toe vir my vertel wat hy alles gaan sê en toe ek hom groet by die skool nogal gesê ek moet duim vashou!! Nou ja hierdie mamma hou styf duim vas en sy weet dit sal goed gaan.

Dan is dit môre Vrouedag!! Mag dit ‘n gatskop, heerlike, gr8, fantasmagoriese dag vir al die vroue wees. Hier is ietsie vir julle!! Jammer manne, maar dis ons spesiale dag.🙂

RESPECT A WOMAN BECAUSE….

You can feel her INNOCENCE in the form of a daughter
You can feel her CARE in the form of a sister
You can feel her WARMTH in the form of a friend
You can feel her PASSION in the form of a beloved
You can feel her DEDICATION in the form of a wife
You can feel her DIVINITY in the form of a mother
You can feel her BLESSING in the form of a grandmother
Yet she is so TOUGH too…
Her heart is so TENDER… So NAUGHTY

So CHARMING  So SHARING…  So MELODIUS

She is a WOMAN

And she is life!!!

To all thewonderful woman that I know, I hope you have a fantastic woman’s month and woman’s day on Saturday hope you won’t forget how special you are!!!

Heerlike naweek vir almal!

E

4 responses »

  1. Ek sou ook trots gewees het op so mooi stukkie handewerk!!

    Geniet jou naweek en vrouedag!

    Reply
  2. Hoop jou naweek was heerlik gewees!! Myself Saterdag bederf en my hare korter – baie korter laat sny, nou Saterdag gaan ek dit sommer kleur!

    Reply
  3. dankie baie. ons was die saterdag in kroonstad en was by Angus Buchan saamtrek. dit was n belewenis om te sien en te ervaar hoe na hy aan die Here leef. lekker week vir julle en groete vir B A

    Reply
  4. Hallo, poppie, pa het sowaar self die boodskap getik – ek hoop jy het ‘n lekker week en gee my kind ‘n drukkie, ons verlang baie.Lief jou

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: