RSS Feed

My haasbekkie…

Posted on

Hier is my haasbekkie. Hy is vreeslik trots daarop dat hy ‘n haasbekkie is. Hy het aanmekaar gevra wanneer hy dan ‘n boonste tand gaan wissel en toe hy die een wissel was dit net ‘n week later wat die ander een ook gewissel het.

En dan moet hierdie ma ongelukkig bieg – ek het ‘n flater gemaak met sy haarsny. Ek kon nie ‘n afspraak by die haarkapper kry nie en besluit dan doen ek dit sommer self. Haha – ek het nog nooit iemand se hare gesny nie, en nou weet ek hoekom.😀

Ek het ‘n knipper geleen en sommer alles op nr 3 gesny – hoe moes ek weet dit gaan sooooooo kort wees. Hy was glad nie gelukkig met sy ma nie en het woedend in die huis rondgeloop en wou nie eers buite gaan speel nie. Ek het toe maar net gesê dat sy hare nou net soos Oom Jaco sin lyk en dit het darem gemaak dat ek nie meer heeltemal in die dogbox is nie. Oom Jaco is immers sy favourite oom.🙂

Nou ja, dit was ‘n week waarin tande en hare verloor is in my huis.

Lekker naweek vir almal!!

E

3 responses »

  1. Hy lyk te pragtig met sy haasbekkie. My laaitie se hare staan so woes in die oggend dat ek al gedreig het om dit so kort te laat sny, maar hy sal sekerlik ook woedend wees.

    Reply
  2. Hy pragtig! Wat ‘n wonderlike ouderdom. So cute.

    Reply
  3. Kinders is so oelik op daardie ouderdom. Gelukkig groei hare weer. Kort hare was tog nie lank terug nie in die mode gewees.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: