RSS Feed

Kermis

Posted on

Gister was dit kermis by Ben-Arthur se skool. Die mamma het haarself beskikbaar gestel om op die ouerkomitee te dien, so dan word daar gewerk en gewerk en gewerk….

Die tema hierdie jaar was Fichie-eiland. Die graad eens se stalletjie is toe Seerower-eiland en die verkope van hamburgers is aan ons toegedeel. Ja en ons almal moes soos seerowers aantrek. Ons het 2uur begin om die buns te sny en smeer, tamaties te sny en ook die uie. 3uur is begin om die patties te braai, want alles moes van 5uur af klaar wees, gereed vir die eerste honger kopers!!

Nou ja, stel nou vir julle self voor hoe lyk 850 hamburgers, want dis hoeveel ons gemaak het vanaf 2uur tot die laaste een in sy houertjie is teen half 6. Ek was moeg geloop tussen die vuur en klaskamer met die patties.

Maar ek moet bysê die gees onder die ouers was wonderlik. Daar is baie gelag, gesels en sommer net bietjie simpel gewees met die seerower swaarde.

Ek probeer nog herstel vanoggend – voel nog bietjie gedaan, maar dit was ‘n reuse sukses. Ek het ongelukkig nie foto’s geneem nie, so kan nie vir julle wys hoe het hierdie seerower mamma gelyk nie. 

Hoop almal het ‘n heerlike, rustige naweek!!!

E

7 responses »

  1. 850 hamburgers, jinne maar dis baie….

    Maar jy moet seker erken jy het lekker gevoel daarna nê. Ek het altyd so satisfaksie gehad as ek by my kinders se skool gehelp het met die kermis.

    Reply
  2. Die ouer-komitees… 👿 850 buns is regtig vreeslik baie… 😆

    Reply
  3. Hoop iemand waardeer dit wat julle gedoen het. Maar aan die anderkant is dit ook so dat die kinders darem in hulle hartjies weet hulle mamma’s is betrokke, en dis wat saak maak.

    Iets vertelle my jy gaan nie gou weer ‘n Hammie bou??😆

    Reply
  4. Ouerkomitee is nie vir sissies nie! Wel gedaan.

    Reply
  5. So jy kan nou toe oë ‘n hamburger maak… lol. Klink na pret, maar dit is beslis nie vir sissies nie!

    Reply
  6. Na so baie hamburgers sal ek draaie om McDonalds ry

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: