RSS Feed

Pasop vir hom!!!

Posted on

Ek het op hierdie webwerf afgekom, wat nogal baie reaksie kan uitlok. Gaan loer gerus hier en laat weet wat dink julle.

My opinie is dat hierdie webwerf kan werk, maar ook nie.

Almal van ons het al slegte verhoudings gehad, maar om op hierdie manier die mans aan die kaak te stel is bietjie erg vir my. Ek het bietjie gaan loer, en enigiemand kan daar registreer en dan kan jy die man wat lelik met jou was daar opsit vir almal om te sien.

Die mans se reputasies – goed of sleg – is op die spel hier. Toegegee daar is mans waarteen ons girls gewaarsku moet word, maar ek dink nie hierdie is die regte manier nie.

En as ons eerlik wil wees, kan ons girls maar erg ‘bitchy’ wees as ons die dag lus het, en dan kan ons sommer die ou wat ons hart gebreek het se gesiggie daar gaan plaas vir die wêreld om te sien watter monster hy is. Dan is dit ook net ons wat so dink, want hy het dan ons hart vertrap en voel geen dooie duit oor ons gevoelens nie. “Hy moet gestraf word!”

Nou ja, vir die mans wat hier lees, ek hoop nie jou gesiggie pryk daar nie! Ek kan aan ‘n paar dink wat ek daar sal opsit!!🙂

Lekker dag vir julle verder en geniet die vakansiedag môre!

E

5 responses »

  1. Elmien as ek die link volg, kom ek nie op die regte plek uit nie!

    Ek het ook ‘n paar wat ek op so site sal wil opsit, maar sal my maar weerhou. hie hie Ek wonder of dit wettig is???

    Hoop jy het ook ‘n baie lekker vakansiedag môre!@ 😉

    Reply
  2. Ek hou van jou blog se nuwe voorkoms. Fris en vars, reg vir die lente! 😉

    Ek sal bietjie op daai site gaan loer. Ek wou ook al in my lewe ‘n paar mans die riel laat dans het, maar ek weet nie of ek ooit so ver sou gaan nie!

    Reply
  3. Jammer Wipneus, ek het dit reggemaak!

    Dankie Boendoe, jip ek is reg vir die lente en somer, nou heeltemal gatvol vir koud kry!🙂

    Reply
  4. Dankie Elmien ek het gaan loer!!! Dit moet nogal erg wees as jou gesiggie daar pryk, ek dink nie jy gaan gou weer ‘n “date” kry nie! 😆

    Reply
  5. Hi Elmien. Dankie vir die inloer daar op nuustak.

    In die reg is die Audi Alterem partem reël. Ek hoop nie my naam pryk ooit daar nie, maar eich, ‘n paar kwaad ouens mag dalk net dagvaar vir laster, crimen injuria en naamskending.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: