RSS Feed

Om op te hou….

Posted on

Om op te hou om iets te doen wat jy al 20 jaar doen is glad nie so maklik nie. Vir iemand wat nie met daardie monster spook nie, is dit maklik om te sê: “Hou net op, kan mos nie so moeilik wees nie!”

Toe is dit so moeilik – dit het ek vinnig geleer. Enigiets wat jy al vir so lank doen is ‘n verslawing en om van ‘n verslawing ontslae te raak is GLAD nie maklik nie.

Eerstens moet die wil om jou verslawing te los daar wees, maw jy moet dit REGTIG wil los, anders sal jy dit nie regkry nie. Tweedens, dink ek moet jy die regte ondersteuningstruktuur hê anders gaan jy ook sukkel.

Yvette wil ophou rook. Sy het die dokter gevra wat sy kan doen en die volgende is voorgestel. Sy het 40 sigarette per dag gerook. Daar is uitgewerk hoeveel ure sy wakker is en sy moes dan een elke uur rook, wat dit 15 per dag gemaak het, die dokter het haar ‘n ekstra 5 per dag toegelaat wat dit 20 per dag sou maak(as sy dit nodig sou kry). Na ‘n maand moet die 15 met 1 verminder word en so gaan sy aan tot sy by 10 per dag is en dan kan die dokter vir haar ‘Zyban’ gee om te help met die laastes.

Dis nou dag 11 en dit gaan nog goed. Sy het die naweek wat verby is bietjie gesukkel, maar vandag gaan dit alweer beter.

Vandag wil ek vir Yvette sê: ” Baie sterkte my vriendin, ek weet jy gaan dit regkry!”

E

6 responses »

  1. Dis nie maklik nie, maar om op te hou rook is een van die beter dinge wat jy vir jouself kan doen.
    Sterkte aan Yvette en vasbyt. Dit word makliker

    Reply
  2. Dankie vir die plan. Dit bly vir my ook ‘n ewige stryd. 😦

    Reply
  3. Drink sommer dubbeldosisse Zyban! Dis lekker (“wheeeeeeee”) en dit werk soos ‘n bom!😉

    Reply
  4. My ou Pa het jarre lank erg gerook, ook maar weens spanning, en dit het ‘n vreeslike stryd afgegee om van hierdie verslawing los te kom — maar hy het!! Ek hou duime vas vir Yvette.

    Reply
  5. Sê sterkte aan Yvette. Ek wens ons pa wil ook die raad volg.

    Reply
  6. Zandra, ek het dit aan pa genoem, maar sy kop is nog nie reg nie – hy het nog te veel verskonings.

    Dankie vir almal se mooi wense aan Yvette, ek dra almal aan haar oor.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: