RSS Feed

Hoekom het jy getrou?

Posted on

Interessante vraag? Dalk, maar wie van julle wat hier lees gaan my ‘n antwoord kan gee?

Nog ‘n vraag: Kan mens gebreinspoel word om met ‘n sekere persoon te trou? My opinie: Ja ek dink jy kan!!

Om terug te kom na my oorspronklike vraag dink ek sal die algemeenste antwoord wees: Ek is lief vir daardie man/vrou. Maar is dit regtig die rede of is daar verskuilde agendas??

Het jy nie dalk getrou vir sekuriteit, vir geld, om ‘n maat te hê, was dit dalk ‘n huwelik wat gereël is….. wat is jou rede?

Nou toe, sê my bietjie hoekom het jy getrou.

E

20 responses »

  1. Ek het my man getrou vir sy sexy lyf en sy miljoene! There, I said it!😉

    Reply
  2. Ons moes trou. Het een aand gespeel met ringe en toe kon ons nie die ring van my vinger af kry nie. Dit plus my man se boude is onweerstaanbaar!

    Reply
  3. Omdat trou in die mode was.

    Toemaar, dis net ‘n grappie. Kon nie vir geld gewees het nie, maar natuurlik was hy die wonderlikste ou op kampus. En ná 37 nog steeds die wonderlikste ding van kampus af.

    Reply
  4. 😆 @ Mariki

    Ek dink ook nie dat dit vir geld was nie alhoewel ek vandag vir my dogter raad gee om maar liewerste met n ryk man te trou😉

    Nee, grappies op n stokkie, ek was toe en is nog vandag baie lief vir my Liefie!

    Reply
  5. O aarde ek lag lekker vir julle…. 😆 Hoekom het ek getrou? Weetie, weet net die Here het vir my die wonderlikste man ooit gestuur en ek was nog nooit vir een enkele rede spyt nie. Ek het hom stukkend lief… 😉

    Reply
  6. Ons kom nie by die trou uit nie regtig, egtig.

    Liefie kry totale panic oor ‘voor die mense’

    Ek is die wereld se swakste logistiese organiseerder. Ek kry panic as ek dink oor die reelings.

    Ek dink ons gaan sonder serenomie “elope”. Ek kry dit nie eers gereel nie.

    Dis nou al jare🙂

    Reply
  7. Ag aarde Rosa – daar is ook geen salf aan jou te smeer nie!!! 😆 😆 Wel, dan wag ons nou maar nog ‘n paar jare…. 😆 😆

    (NS – Ek is flippen goed met organiseer, ek orginize jou sommer in jou trouROK in… Laat weet net!!!!! 😆 😆 )

    Reply
  8. Pikkie se net as jy wil kom troue reel. maar dan moet jy ALLES, doen soos in ALLES. ons wil net opdaag.

    ons sal jou betaal.

    maar ek wil nie eers ‘n blomblaar aan raak nie.

    ons sukkel al 5 jaar. ek kon nie eers een, oproep maak nie🙂🙂🙂

    “doen jy dit, nee doen jy dit.” so gaan dit.

    Reply
  9. want ek het op daardie stadium gedink dis die beste ding om te doen, want ek was inniglik lief vir haar en wou als verder met haar deel; sy was my als.

    Reply
  10. Ek sal wragtag ôk help reël!

    Reply
  11. Rosie ek help ook reël!! Stuur so lank die mates vir die rok😆

    Ek het getrou vir liefde en daai lyf 😳

    Reply
  12. Nou ja Pikkelik, lyk my jy kan begin reël aan Rosa se troue, hier is baie wat kan help. Ek help ook graag!!

    Reply
  13. Neeee…somehow kan ek nie vir Rosa as ‘n ‘getroude vrou’ sien nie! 😆 Maar as julle dit kan regkry, ek sal kom virrie paartie!

    Ek het getrou omdat my man die snaakste ding op twee bene is. Regtig. ‘n Snaakse man is vir my onweerstaanbaar sexy! 😉

    Reply
  14. 34/28/36 is my mates🙂🙂 )

    dankie almal julle het my nou verras, maar julle weet nie wat julle aanpak nie.. .

    Reply
  15. Dankie vir die mates!! Pikkie ek sal sorg vir die rok, jy kan die wedding planner wees😛

    Skoor sal die troukoek bak! Boendoe sal sorg vir die trou ruikers, miskien so wilde, rotstuin dingetjie!! 😆
    Roer kan reël vir die trou ringe, Elmien die musiek, Zee die troukaartjies!! Krista die venue? Nico kan die troukar reël!

    Here comes the bride….

    Reply
  16. Gmf…ek kry ook altyd die boring jobs. Ek wil DJ!

    Reply
  17. LOL @ Roer! Roer, jy kan maar DJ, dan sorg ek vir die ringe.🙂

    Pasop Rosa, soos dit vir my lyk is jy kort voor lank getroud!!!

    Reply
  18. Thanks Elmien. Macarena hier kom ons!

    Reply
  19. Roer!!!!!!!!!!!! NEEEEEEE!!!!!!!!!! Die Macarena!!!! O help my!!!! LMGA!!!!! NEEEEE!!!!! Hol Rosa!!!! Whahahahaha

    Reply
  20. is baie lief vir haar en sy is die droomvrou in my lewe

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: