RSS Feed

Laaste twee maande…

Posted on

Sjoe, na ‘n week se rus en bietjie alleen wees – seun het die vakansie by my suster gekuier – het die skole weer vanoggend begin met totale chaos in my huis. Hoekom is die eerste skooldag na ‘n vakansie altyd so deurmekaar? Daar word gekerm as die wekker afgaan, alles word teen ‘n slakke pas gedoen en alles word gesoek.

Wel, ek het hom darem betyds afgelaai en vandag is die eerste dag van die laaste twee maande van Ben-Arthur se Graad 1 jaar. Ek kan nie glo dat die tyd so vinnig verby gegaan het nie, dit voel soos gister wat ons gereed gemaak het vir sy eerste skooldag en nou is die eerste jaar al amper verby!!

Hy het ‘n baie goeie rapport gekry wat my baie trots op hom maak, maar hy is glad nie tevrede nie en sê hy het te veel 3’s gekry. Ek moet darem bietjie spog en sê dis net twee 3’s en die res is alles 4’s. (Die wat reeds kinders in die skool het sal verstaan van 3’s en 4’s – dis glad nie soos toe ons op skool was en ons A’s, B’s ens gekry het nie.)

Nou pak ons die laaste kwartaal vuur en vlam aan voor die laaaaang Desember vakansie aanbreek.

Lekker week vir julle almal!

E

NS: O ja, dit lyk of Rosa tog getroud gaan kom!!😆

4 responses »

  1. Ja, dis skrikwekkend hoe vinnig die tyd groei en ons kleintjies so gou grootword. Geluk met die goeie rapport. Dis lekker om daai trotse gevoel te kry oor jou eie kind…

    Reply
  2. Geluk met die goeie rapport!

    Lekker week vir jou ook!😉

    Reply
  3. Ja my ou sus, die tyd vlieg so vinnig verby en die kinders word heeltemal te vinnig groot. Ek kan nie glo dat Arthur al volgende jaar moet skool toe gaan nie. Ons moet net ons kinders geniet terwyl hulle nog klein is want voor jy jou oe uitvee is hulle groot en uit jou huis.

    Mooi bly en kom kuier gou moenie weer ‘n maand of 2 wag voor jy weer kom nie hoor.

    Gee soen en druk vir BA mis julle.

    Reply
  4. Geluk met ‘n mooi rapport. Dit is verseker iets om op trots te wees, want dit kom nie outomaties nie. Harde werk, dis al.

    Rosa, getroud? Ek eet my ou sokkies op… 😉

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: