RSS Feed

Alleen….

Posted on

7 jaar – dis hoe lank ek nou al alleen is!! Hel, ek is al langer alleen as wat ek getroud was.

GENOEG!!!!! EK het genoeg gehad van alleen wees. Ek wil nie meer nie. Dis nie meer lekker nie. Ek het my seun wat my lewe vol maak en baie goeie vriendinne, maar DIS NIE DIESELFDE NIE!!!!!! Hulle is nie meer genoeg nie.

Wanneer kry ek weer ‘n maat? Hoe lank gaan ek nog alleen wees? Gaan ek iemand kry wat my kind gaan aanvaar? Gaan ek iemand kry wat nog kinders wil hê – ek wil vreeeeeslik graag nog hê. Ek het te veel vrae en veels te min antwoorde nie.😦

‘n Baie goeie vriendin het gister vir my hierdie gegee en gesê dat sy dadelik aan my gedink het toe sy dit lees: “God’s delays are not God’s denials.”

Hoekom voel ek nou gereed om iemand in my lewe toe te laat en dit gebeur nie. Is dit omdat die Here weet dat ek eintlik nog nie reg is nie, of is ek net te haastig??

Lees ek die tekens en boodskappe verkeerd? Is ek te lank alleen dat ek nie meer weet hoe nie?

😦

9 responses »

  1. Hi sus, jong ja, ek het ook vandag met ‘n groot skok weereens besef dat die Here ‘n doel het met ons almal. Die babatjie waarna ek smag sal nog eers vir ‘n rukkie moet wag. Ek het hierdie “siekte” glad nie verwag nie en nou moet ek net vorentoe kyk. Ek kan sien Corne is gespanne hieroor en ek weet nie wat ek sou doen as hy nie hier was om my bytestaan nie.

    So…hou moed sus…hy sal kom en jou voete onder jou uitslaan wanneer jy dit die minste verwag.

    Lief jou en mis jou!!

    Reply
  2. Wat moet gebeur, sal gewoonlik gebeur – wanneer die tyd reg is daarvoor.

    As ek en my Lyfie vroeër moes trou, het ons dit wragtag nie gemaak nie. Ons is nou 17 jaar saam, maar net amper-4-jaar getroud . . .

    Ons pienkvoet het ook nog nie opgedaag nie, maar ons stres nie te veel daaroor nie. Dis nie ons besluit of keuse nie.

    What will be, will be . . .

    Hou net moed!

    Reply
  3. Dit sal gebeur! Gewoonlik wanneer mens dit die minste verwag!

    Sterkte ook vir jou Zandra!

    Reply
  4. Hi sus, hou net moed alles gebeur met ‘n doel ,ons weet nie altyd wat die doel met alles is nie, maar glo en vertrou net as dit moet gebeur sal dit, jy maar net gedulig wees ( ek weet dis makliker gese as gedaan) Vir my het alles ook nie altyd goed afgeloop nie tot dat ek vir Hennie ontmoet het en kyk vandag na my na ses jaar se getroude lewe, en ek het om skaars ;n jaar geken toe ons getroud is, is ek nog net so gelukkig soos die dag wat ek hom ontmoet het. Die regte een sal wel, as hy nie al klaar het nie, sy opwagting maak.

    Ek bid vir jou en dink aan jou dat dinge vir jou sal uitwerk.

    Lief vir jou en kom kuier weer ‘n bietjie!

    Groete vir BA

    Reply
  5. Sjoe, weer ‘n taai toffie. Daar kan baie redes wees, maar net God sal weet. Sterkte Kokkie. When you least expect it…

    Reply
  6. Kokkewiet,
    Sing ‘n lied
    in die vroee more-dou… (Is dit hoe dit woorde gaan?😆 )

    Ek het sommer skielik dit begin neurie…

    Waar het ek van die bus afgeval? As daar rofies is, wil ek dit nie afkrap nie, maar het jy nie nou nog onlangs ‘n liefie-diefie gehad nie? 🙄

    Reply
  7. Dankie vir almal wat soveel waarhede hier gelos het – ek weet dit alles en probeer myself daaraan herinner elke dag, dit werk net nie altyd nie.

    Boendoe, nee jy het nie van die bus afgeval nie. Daar is iemand waaroor ek absoluut gagga is, maar hy is nog nie op dieselfde level as ek nie. Dis hoekom ek so voel dat dinge net te stadig gebeur.

    Reply
  8. Nou maar, jou volgende posting moet iets wees waar ons kan koppe bymekaar sit oor hoe ‘n vrou ‘n man vang! Dalk kan ons so saam-saam vir jou ‘n strategie uitwerk. :mrgreen:

    Reply
  9. Mens ek is nou wel getroud maar weet jy wat, ek kon net sowel geskei en alleen gewees het, ons leef al vir 3 jaar nie soos man en vrou nie!! Omdat ……….. en omdat ……..

    Iewers daar buite is daar iemand wat jou as mens weer sal raak sien en lief word vir jou, sterkte, ek hoop en glo jy vind hom gou gou!

    Geniet jou dag.

    SHARKS!!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: