Kreatiwiteit

Posted on

Ek is mal daaroor om met my hande te werk en hou daarvan om mooi dinge te maak. Ek het besluit(seun kry altyd alles) om myself bietjie te bederf met klasse waar ek bietjie uiting kan gee aan my kreatiwiteit.

Ek sal gereeld kom wys wat ek gemaak het.

Hier is my eerste kunswerk. Dis ‘n servet wat ons ‘n 3D effek gegee het en toe geraam het.

 

Ek het toe sommer vir die lekker ‘n paar blikkies mooi gemaak.

Lekker week vir almal verder!

E

6 responses »

  1. Vertel bietjie hoe . . .!

    Antwoord
  2. Wow ek is mal oor die servet storie. Ja ek stem saam met Krista, vertel ons hoe? 😉

    Antwoord
  3. Dis eintlik baie maklik, maar heerlik!!

    Kies die servet wat jy wil gebruik. Sny een blok uit en trek altwee die agterste lae af.

    Die klei is soos modelling klei(kan nie die naam onthou nie, maar sal dit vir julle kom gee). Vat omtrent die helfte van die klei en brei tot die klei lekker hanteer kan word.

    Sit die gebreide klei op ‘n stukkie kleefplastiek en rol uit tot jou servet mooi daarop pas.

    Dan verf jy die servet met modge podge(omtrent 4 lae) en laat droogword tussen in. Ek het sommer met ‘n haardroër bietjie drooggeblaas voor ek die volgende laag opgesit het.

    Daarna kan jy sommer ‘n mes(met stomppunt) gebruik en druk met die mespunt op al die lyne na wat jy wil laat uitstaan.

    Hou jou servet plat(jy kan boeke opsit) anders krul hy op – dit vat omtrent so 3-5 dae voor hy heeltemal droog is en dan kan jy hom aan die raam vasplak. Ek het ‘n gluegun gebruik.

    Geniet dit!!! Ek is nie te ver as julle nog vrae het nie. 🙂

    Antwoord
  4. Die kunswerk EN jou toontjies is pragtig! 😆

    Antwoord
  5. Ai, ek wens ek was meer kreatief en kunstig!!!!!!!

    Antwoord
  6. Hoe om blikkies te modge podge? en Wat is die tegniek agter modge podge?

    Antwoord

Lewer kommentaar op Wipneus! Kanselleer antwoord