RSS Feed

Help

Posted on

Na aanleiding van my vorige post oor alleen wees wil ek bietjie julle hulp en raad hê.

Boendoe het voorgestel dat ek hulp vra sodat daar koppe bymekaar gesit kan word oor hoe ‘n vrou ‘n man kan vang!!

Laat waai Boendoe en al die ander, ek wag in spanning om te sien wat julle voorstel.

E

15 responses »

  1. Laat hang die onderrok so bietjie uit.😆 Oops, verkeerde eeu. Dis mos nou die ‘verligte’ eeu. Ok, laat hang die ‘girls’ so bietjie uit. Nee heng vrou. Ek wetie van man vang nie. Dis miskien nie die raad wat jy wil hoor nie, maar dis al raad wat hierdie vrou ken – bid vir die regte man, want om HIN man te vang is seker maklik. Dis om die REGTE man te ‘vang’ waar die trick le^. As dit nie werk nie, ‘revert to’ die onderrok teorie.😉

    Reply
  2. Roer, ek bid en ek glo ook dis die enigste manier hoe ek die regte een gaan kry. Ok, ek dink ek het die regte een, maar ek dink nie hy weet al ek is die regte een vir hom nie.

    Ek weet ook dat dit nie help om te sê ek wou gister al bevestiging gehad het nie, die Here werk op sy eie tyd en hierdie bevestiging het ek net weer in Habakuk 2:3 gekry.

    Die mens bly maar wik, maar God beskik!!!!

    Reply
  3. Ja, girls, moet nou nie te ernstig raak hier nie! Mens moet verseker bid, maar ek dink nie eens Liewe Jesus weet hoe om ‘n man se oe te laat oopgaan nie. Dit kort die spesiale input van ‘n vrou.

    Vir ‘n start. Die een ding wat ek geleer het in my (kort) leeftyd, is dat mans onder die indruk verkeer dat hulle die jagters is. Wrong! Hulle ‘vang’ ons, omdat ons dit in die eerste plek toelaat.

    Nommer een doodsonde wat ‘n vrou kan doen (reken ek wat nie ‘n man is nie), is om TE te wees. Jimmel, dit klink vreemd. Ek meen, TE vriendelik, TE inskiklik. Mens moet begin om die arme ding nader te lok, soos met ‘n stukkie vleis vir ‘n leeu. En dit dan nie vir hom te gee nie. Maar op ‘n ander dag, dan kry hy dit. Hy moet nooit weet wat hy gaan kry nie.

    Dis net vir ‘n begin. 😉

    Ek gaan solank werk aan ‘n ander blog en skuilnaam, want as die mans hier kom lees, gaan my kierankies behoorlik braai! 😆 Solank die sisterhood my net nie uitskop nie. :mrgreen:

    Reply
  4. Boendoe whahaha ek stem saam met jou! Jy lok hom nader met ‘n suigstokkie en gee net 1 lekkie. Hulle moet nooit te seker wees van jou nie.

    ‘n Man moet in elk geval altyd bly wonder oor jou! Nooit te gerus wees nie!

    Kokkewiet jy moet jou vroulike verskuilde talente gebruik!!! Ai en ‘n man wil heeldag hoor hoe oulik is hy. Maar jy moet dit nie te obvious doen nie. Net so in die verbygaan noem. Ag maar jy het mooi (…..) wat dit ookal nou mag wees😆 En woerts gaan jy aan met wat jy ookal doen. Hulle floreer daarop.

    Jy katrol hulle in met ‘n visstok dat hulle dit nie eers weet nie!

    Hie haaaa vir die sisterhood!!!

    Reply
  5. Wip, ons twee gee ons ouderdomme weg hier! 😆 Almal kan sien ons het al ‘n man of twee of drie mak gemaak. Whahahahaha!

    Kokkie, nog ‘n ding. ‘n Man hou daarvan om gepamper te word as hy siek is. Al het hy net ‘n loopneus, vertroetel hom so asof hy eintlik in ICU hoort!

    Reply
  6. Whahaha, julle het my dag met ‘n smile laat begin.

    Ek weet alles wat julle my vertel, die ding is net hierdie girl is nou al so lank alleen ek het dalk verroes???

    Maar ek gaan beslis weer al hierdie ‘truuks’ probeer.

    En Boendoe die sisterhood sal jou nooit uitskop nie.🙂

    Reply
  7. Aarde toggie ek wetie!! Gaan uit, gaan sit iewers soos by Harties (weet nie waar jy bly nie), dalk sien iemand jou raak.

    Lekker dag vir jou.

    Reply
  8. Kokkewietjie, ek soek hoog en laag bietjie ondersteuning! Kom maak ‘n draai daar by my, asseblief-toggie! Ek het ‘n spesmaas dat my kierankies vandag gaan braai! 😉

    Reply
  9. Kokkewiet wat ook baie belangrik is, is dat jy vir die regte span skree. Iets soos Blou Bulle😆

    Sou jy bv skree vir die Cheethas het jy probleme:mrgreen: vra maar vir Boendoe, haar man skree ook vir die Bulle!!

    Reply
  10. LOL @ Ebie!😆

    Is dit nie so dat die pad na ‘n man se hart deur sy maag loop nie?:mrgreen: As jy nou klaar Boendoe en Wip se raad gevolg het, dan kook jy vir hom. Lekker kos.

    As jy nie kan kook nie, kry strawberries en room, en voer hom…😳 😆

    Reply
  11. Al enige sukses, na al die raad?? 😆

    Reply
  12. Ebie, ek skree vir sy span – Sharks!

    Dellie, gelukkig kan ek kook en ek word oor en oor vertel hoe lekker my kos is.

    Boendoe, julle sal die eerstes wees as daar sukses is, maar ek moet nou ongelukkig se dat hierdie girl ‘n moeilike besluit geneem het, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag as dit nie so seer is nie.

    Reply
  13. Kokkewiet sterkte met die eina!

    Reply
  14. Kokkewiet hoe gaan dit???

    Reply
  15. jy praat van hoe om n man te vang wees net geduldig want as jy begin soek en hardop raak damn dis n fout daai dis waneer als erger word en skeefloop. bid en vra die Hemelse vader om iemand op jou pad te stuur. net n vraag, maar het jy al daar an gedink.

    as jy wil gesels hiers my email adres ek luister altyd en wil graag help waar ek kan.

    nicolaas.gerhardus@gmail.com

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: