RSS Feed

Wat ‘n week……

Posted on

Sjoe, dit was omtrent ‘n woeste week. ‘n Week waarin ek gelag, gehuil, baklei en trots gevoel het.

Waar begin ek om te vertel, dalk begin ek by die slegte en eindig met die goeie!

Ek en my seun is nie op ‘n baie lekker plek nou nie, ons baklei elke dag. Ek wens net hy wil daardie twee goed wat langs mens se kop sit en ore noem gebruik. Dit sal ook help as ek nie elke keer as ek iets vra dit beantwoord word met ‘n vraag nie. Liewe genade, ek dink ek kies die terrible two’s bo ‘n 7jarige wat beter as almal weet en altyd ‘n antwoord op alles het.🙂

Hierdie mamma is moeg en kort ‘n vakansie – dalk bietjie weg van seun om weer kop skoon te maak en kans te sien vir al die uitdagings van kind alleen grootmaak.

Goed die volgende punt is dan seker die huil… Ek dink almal van julle kan seker nou al raai waaroor ek sou gehuil het. Daar is net een woord wat ek gaan sê en julle sal almal weet – ALLEEN. En ja, met hierdie heerlike reën wat by ons val maak dit dinge ook nie beter nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is mal oor die reën – maar ek voel naderhand baie terneergedruk as dit so lank aanhou en ek is alleen.

Trots – Dinsdag was dit my seun se prysuitdeling by die skool, my hart het geswel van trots toe hy daar op die verhoog staan en sy diploma kry. Tog het ek ook ‘n knop in die keel gekry toe ek dink dat hy nou klaar is met Gr 1. Sjoe, dit voel soos gister wat ek moes beplan aan al die nuwe skoolklere en ander skoolbenodighede wat gekoop moet word.

En dan…. sjoe mense die reaksie wat gekry is op my vorige inskrywing se kommentaar, ja jy lees reg NIE die inskrywing nie,maar wel die kommentaar, het nogal ‘n smile op my gesig gesit. Ek moet eerlik wees en sê dat ek bly is om te sien dat daar wel nog nice ouens(mans) daarbuite is.

Julle het met julle kommentaar sommer my week beter gemaak.🙂

E

12 responses »

  1. Ons het byna dieselfde week gehad! Verlede Vrydag was my laaitie se prysuitdeling en ek het net so trots gevoel. Wat is dit tog met 7-jariges en ore? Ek moet altyd hoor hoe oulik is hy by die skool, maar sien dit op die oomblik glad nie. Soms wonder ek of dit nie goed sou wees as hy af en toe na sy pa toe kon gaan nie, maar as ek dan weer dink aan die ander vrou besef ek dis beter vir my kind dat hy nie soontoe gaan nie. Ek dink beslis dis nodig vir enkelouers om bietjie alleen tyd te kan hê sonder die kids, maar dis nie baie maklik nie.

    Reply
  2. Ja Xanika, ek moet ookhoor hoe oulik en soet my seun is as hy by ander is, maar ek sien dit ook nie in my huis nie.

    Reply
  3. Ai, staan maar sterk, julle. Dis nie maklik om seunskinders groot te maak nie. Nie vrou-alleen nie.

    Jy verdien ‘n maatjie, Kokkewiet. Hou al my duime en tone vas. 😉

    Reply
  4. Staan sterk sus, hy sal kom…

    Reply
  5. Dankie Boendoe, ja ek weet hy sal kom, EK moet net geduldig wees.

    (((Zandra))))

    Reply
  6. hi jy shame arme jy maar is bly jou week het op n goeie noot geëindig.

    jy wou weet waar werk ek, ek is n klank ingeneur en programmerder vir radio stasies ek stel klank borde in en senders op die torings en skryf programme vir radiostasies en dun di programering ook privaat. en skryf en stel radio programme saam en redigeer dit. dis nogal baie rondry ens. nie altyd so lekker nie maar wat kan n mens doen.

    wel jy moet lekker slaap as jy ni alreeds slaap nie. sweet dreamz ne? hahahaha

    wel so laaste kompliment voor ek groet. jy het n oulike smile en dis to die for regtig. as ek kon ne het ek jou smile gesteel en vir my gevat hahaha. so mag jy morê die hele dag loop en smile vir almal. of hoe sê n goeie vriend van my (pa nou more bietjie tande uit asb)!!!!! tata jy

    Reply
  7. jammer daai is (pak nou morê bietjie tande uit asb.)!!!!

    Reply
  8. Kokkewiet ek dink ook jy verdien ‘n spesiale maatjie.

    Geluk met jou seun se diploma!

    Reply
  9. Dankie Gerhard vir die kompliment!!

    Dankie Wipneus!!

    Reply
  10. :mrgreen: Ek kyk nog, hoor… 😆

    Reply
  11. Lekker naweek!!

    Reply
  12. hi elmien ag hoop dit gaan goed met jou. het kom kyk of jy ge update het op jou blog, maar nog nix nie. kan nie wag om die volgende goed te lees nie? hoop jy het n great naweek gehad en mag jou week net lekker wees en elke dag beter en beter verloop ook.

    uhm……………………………………………………………….

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: