RSS Feed

Spyt

Posted on

Spyt is so ‘n klein woordjie, maar o wee, dit kan gevolge hê! Daar is mos ‘n gesegde wat sê: Spyt is ‘n goeie ding, dit kom net altyd te laat.

Daar is ‘n paar dinge waaroor ek spyt is, maar die een ding waaroor ek die meeste spyt is, is die volgende.

Ek het my oupa (my pa se pa) nooit geken nie en  nie omdat hy oorlede is voordat ek hom kon leer ken nie, maar omdat hy en my ouma dieselfde paadjie geloop het as ek en my eks. Ek gaan nie te veel uitbrei nie, want dis nog altyd ‘n baie teer puntjie, ek kan net sê dat alle bande is gebreek tussen hom en sy familie. Dis dalk ook hoekom ek en my ouma nou so close is – ons het nou gedeelde seer!

Ek het op ‘n stadium besluit dat ek met my oupa wil kontak maak, ek het sy adres by my pa se neef gekry, vir hom geskryf en my asem opgehou met die hoop dat hy sal terug skryf. Hy het my brief beantwoord en so het ek en hy begin kommunikeer. Ek het ook sy telefoonnommer gekry en ons het gereeld gesels.

Dit was wonderlik om hom so te leer ken. Ek het ouma vertel daarvan en sy was tevrede dat ek met oupa kontak het.

My een groot wens was om hom te ontmoet en sommer al my neefs en niggies saam te vat – hy het 10 kleinkinders en 4 agterkleinkinders gehad. Dis net hier waar my spyt inkom. Dit het nooit gebeur nie, ek het hom nooit gesien nie.

Oupa Bill is nou amper 4 jaar oorlede en ek is bitter spyt dat ek nie ‘n plan gemaak het om na hom te gaan nie. Die spyt het my geleer om NOOIT maar nooit uit te stel nie.

Waaroor is jy spyt??

E

3 responses »

  1. Dis hartseer dat julle nooit ontmoet het nie. Wat egter mooi is, is dat jy nie maar net aanvaar het dat jou oupa vir jou verlore is nie, maar kontak gemaak het.

    En daar’s te veel goed waaroor ek spyt is. 😉

    Reply
  2. Pragtig geskrywe.

    Soos Boendoe ook noem, daar is soveel wat mens self voor spyt is.

    Ek glo absoluut aan die toeval. As ek voel ek moet iemand skakel en hoor hoe dit gaan doen ek dit nou. Ek stel nie uit, want daardeur het ek al teveel berou in my lewe gehad.

    Reply
  3. Spyt ja dit kom altyd te laat!! My grootste spyt in die lewe is hierdie vals klug huwelik waarin ek my begewe!! Want daar was en sal nooit iets tussen ons wees nie, ons leef nie soos man en vrou nie, hierdie huwelik is ‘n stuk papier!! Bitter spyt dat ek nie geluister het na mense wat my raad probeer gee het nie!!!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: