RSS Feed

Hemels…..

Posted on

So saam met my 100ste inskrywing, wil ek vertel van my eerste ervaring van ‘n massering.

Ja julle het reg gelees, dit was my HEEL eerste keer. My vriendin het vir my ‘n geskenkbewys vir ‘n Terapeutiese vollyfmassering gegee as kersgeskenk en ek kon nou eers gaan.

Wat ‘n ervaring – ek is/was mal daaroor. As jy nog nie vir een was nie, gaan gerus. Ek het so lekker gelê en ontspan dat ek nie wou hê sy moet ophou nie. Die ontspan was so lekker dat ek daarna so vaak was dat ek gewens het ek kan dadelik in die bed gaan klim en slaap.

Ek gaan beslis weer gaan!

Nou ja, die jaar is in volle swang. Die skool het begin en dit gaan alreeds dol hier op kantoor. My kunsklasse het ook weer begin, so ek sal soos wat ek die projekte voltooi, foto’s neem en vir julle kom wys.

E

10 responses »

  1. Hiep hiep hoera!!! Baie geluk met jou 100ste inskrywing!!! Ek hoop om nog lank hier te lees!!!

    Niks so lekker soos ‘n masseing nie, maar mens moet dit so reël dat jy vir die res van die dag kan chill, anders gaan jy soos ‘n slaapwandelaar rond loop! 😆

    Kan nie wag om te lees van al jou kuns projekte nie!!!

    Reply
  2. So bly jy het jou bederfie geniet! Veral voor die resies weer op volle vaart begin.

    Reply
  3. Wipneus, ja gelukkig het ek na werk gegaan, so ek kon behoorlik ontspan.

    Mariki, dit was beslis die regte medisyne voor di resies begin.🙂

    Reply
  4. Oe, ja! ‘n Massering is altyd lekker. Het Saterdag ‘n voet massage en ‘n rug massage gehad, dit was DEVINE!

    Reply
  5. Baie geluk met jou 100ste inskrywing! Ek was ook nog nooit vir ‘n massering nie, klink heerlik.

    Reply
  6. Lekkerrrrrrrrrr bly jy is bederf!! Ek is natuurlik nog nooit gevryf tot ek lekker kry nie ….😆

    Wow (!!!) Bottertjie dit klink lekker. Alles in Nellies of het Tommy sy beste gegee:mrgreen:

    O jaaaaaaa geluk met jou 100ste.

    Reply
  7. Eben!! Jy’s stuitig!!! By ‘n terapeut, of course!! Al is Tom hoe goed, is hy nie soooo goed nie!

    Reply
  8. Ek het vir my 25ste vir ‘n massering gegaan, maar ek verjaar in die winter en die vertrek was geteël en die terapeut het nie ‘n verwarmer gehad nie.
    Dit was lekker, maar teen die tyd wat sy klaar was het alles in elk geval weer saamgetrek van die koue.
    Sal definitief weer wil gaan.

    Reply
  9. Baie geluk met jou 100ste, mag daar nog 1000de wees.

    En ja, bederf jouself.

    Reply
  10. Geluk met die bederfie dit klink hemels!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: