RSS Feed

Voordat jy kla….

Posted on

‘n Lewensles

Voordat jy vandag iets negatief en afbrekend vir jou medemens te sê het… dink aan iemand wat stom is,

Voordat jy vandag kla oor die slegte smaak van die kos… dink aan diegene wat niks het om te eet nie,

Voordat jy vandag kla oor ‘n geliefde wat nie dink, sê en doen soos jy van hulle verwag nie… dink aan iemand wat by God smeek vir vriende of  ‘n lewensmaat,

Voordat jy vandag kla oor dié ou lewe… dink aan ‘n kind wat op ‘n sterfbed lê,

Voordat jy vandag oor jou kinders kla… dink aan dié wat begeer om ‘Mamma’ of  ‘Pappa’ te hoor maar nooit die voorreg sal hê nie,

Voordat jy vandag baklei oor jou vuil en deurmekaar huis wat iemand nie uitgevee het of waar ‘n bed nie opgemaak is nie… dink aan dié mense wat op straat bly of onder rommel skuiling moet soek,

Voordat jy vandag kla oor die afstand wat jy werk toe moet ry… dink aan die werkloses of gestremdes wat ‘n werk begeer,

Voordat jy daaraan dink om ‘n vinger te wys of te oordeel… onthou dat nie een van ons sonder sonde en tekortkominge is nie. Ons moet almal verantwoording doen aan Een Skepper,

Wanneer negatiewe gedagtes vandag dreig om jou depressief te laat voel… Glimlag en Dank God dat jy leef,

Die lewe is ‘n geskenk… Leef voluit…. Vervolmaak vandag in Jesus naam… Wees vrolik en lag sonder ophou….. Geniet elke oomblik daarvan….

Gee baie liefde….

Want God het hierdie lewe aan jou geskenk!!

2 responses »

  1. Hi Kokkewiet dis nou ‘n lekker inspirerende boodskap ek hou baie daarvan en voel sommer nou lus vir die lewe. Ons het so baie om voor dankbaar te wees. Dankie

    Lekker dag
    x

    Reply
  2. Dankie, Elmien — jy sny hom tot op die been hierso. En ons vergeet soooo maklik.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: