RSS Feed

Ouma

Posted on

2 Jaar terug vandag het Liewe Jesus hierdie pragtige mens kom haal, sonder enige waarskuwing vooraf!

Dis Ouma Pollie, my oumie – my sh…ss(ons troetelnaam vir mekaar)!

Oumie was my beste vriendin, ek kon haar enigiets vertel en sy sou help met raad en daad waar sy kon. Ons het ‘n gedeelde seer gehad, iets wat ons twee baie nader na mekaar laat groei het. Ons het baie gesels, gelag, saam gehuil…..

Oumie het jou altyd as jy verjaar net voor 6 in die oggend gebel en so was dit ook op 15 Februarie 2010, min wetende dat dit die laaste keer sou wees wat ek met haar sou praat en ook die laaste keer wat sy my ‘n gelukkige verjaarsdag sal toewens.

Die skok was so groot… ek wou dit nie glo nie, ek het dan net die vorige dag met haar gepraat en dit het goed gegaan met haar, sy was gesond?! ‘n Stukkie van my hart is daardie oggend uitgeruk – na 2 jaar is dit nog vreeslik moeilik. As ek van oumie praat, is dit met ‘n traan in die oog!

Daar is soooo baie wat ek van haar onthou: Oumie was ryklik geseën met 10 kleinkinders, en sy het elkeen van hulle dieselfde behandel en ons almal oorlaai met tonne liefde!

Ek onthou al die grappies as die familie bymekaar was: My pa was sommer Johannes genoem, wat nooit iets verkeerd kon doen nie🙂; Oom Peet is altyd mooi vertel om net nie die bottels (borrels) konfyt ens te vergeet as hulle gaan kuier nie… Oumie het altyd so lekker gelag as Oom Marius die spreekwoordelike pot roer…. Oumie het baie maniertjies gehad, maar een wat sy baie gedoen het as sy geweet het dat sy nou mooi moet dink, was as sy haar hand so oor haar voorkop gevryf het – dit was nou as sy almal wat by die geskerts betrokke was, se aandeel probeer verdedig het…. Daar is nog soveel meer wat almal van ons onthou!

Of oumie se sêding: ‘Ek sal regkom, help my net.’ :-) Ai daar is soveel memories – goeie memories!

Oumie het nooit gekla nie, sy was altyd reg om te help – bekend of onbekend. Haar hand en hart was oop vir almal!

Ek mis jou vreeslik baie oumie en jy het ‘n leemte gelaat in die lewens van ons 26 ander wat agtergebly het en ook al oumie se vriende.

Ons sal oumie nooit vergeet nie!!

One response »

  1. Hallo. Ag hierdie inskrywing het my laat dink aan my Ouma – sy is al ‘n hele klompie jare dood, maar die gemis is maar nog daagliks in klein goedjies.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: