RSS Feed

Waar is die kamera???

Posted on

Gister hardloop ek en seun gou by PnP in om net ‘n paar goedjies te kry. Nodeloos om te sê dat die winkel ‘n absolute malhuis was, was mos einde van die maand!

Die rye is lank, baie lank en ek loop maar en soek vir ‘n korter ry, waar nie trollies is wat oorloop nie. Ek is gelukkig en kry ‘n kort ry, almal met mandjies en daar is net 3 persone voor my – my lucky day!!

Toe nie!!! Toe die vrou wat voor my staan voor kom, kom haar man van iewers af met……… ‘n trollie!!! Wat natuurlik ook oorloop!

Ek kon dit nie glo nie – het nie geweet wat om te dink nie, en het gewonder waar is die kamera ( ek was seker hierdie was een of ander grap wat nou op film vasgelê word), want hierdie kan mos nie regtig gebeur nie??? Die mense agter my en in die rye langs my het almal hulle opinie gelug, en ons is almal net aangegluur deur die man en vrou!

Nota aan self: Maak seker van die datum voor jy sommer net vinnig by die winkel wil in hardloop🙂

2 responses »

  1. Ek weet nie hoe kry mense dit reg om in te druk nie! Veral nie met ‘n vol trollie nie! Ons moet mos maar almal ons beurt afwag, of hoe?

    Reply
    • Dis presies hoe ek voel Toortsie, almal van ons wil ons dingetjies doen en by die huis kom, maar dan moet mens seker dié kry wat wel indruk en nie ‘n duiwel omgee nie.

      Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: