RSS Feed

Ek het geval……..

Posted on

Hierdie val saam met die laaste keer wat ek iets geplaas het in 2009 https://gedagtes.wordpress.com/2009/10/21/368/

Ek dink tog die Here het ‘n plan gehad – ek glo dis Sy beplanning dat na 2 jaar waarin daar geen kontak was ons paaie weer moes kruis.

As ek nou terug kyk weet ek dat ek dalk toe gereed was, maar my seun was beslis nie gereed vir daardie stap nie. Nou glo ek is hy gereed. Hy het iemand met wie hy manne-goed kan praat, saam met wie hy kan visvang en dinge doen wat hierdie mamma nie voor kans sien nie.

Ek het weereens geval vir hom, en al voel ek party dae onseker oor waarheen vorentoe, weet ek die Here loop saam met ons en as dit moet wees, dan sal dit!! Elke keer wat daardie blou oë in myne kyk val ek verder… met elke aanraking val ek….

Ek het lanklaas so gemaklik by iemand gevoel, veilig, gebonde! Ons deel soveel belangstellings, praat baie, maar het ook heerlike rustige tye bymekaar.

Laat U wil geskied Heer!!

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: