Wie ek is

Ek is `n enkelmamma met `n wonderlike seuntjie wat my alles is. Ons bly in Bloemfontein en hier gaan ek met hom spog.

Hierdie is my spoegbladsy waar ek dinge gaan vertel wat my kwaad maak en wat my gelukkig maak. Hier hoop ek om nuwe vriende te ontdek en ook iets by ander te leer.

10 responses »

  1. Ek dink dit is uitstekend sus. Hou aan daarmee en laat weet my met ‘n sms as jy weer geskkryf het, ek sal dit nogal elke keer wil lees.

    Ek is BAIE impressed.

    Mooi so.
    Liefde
    Jou klein sus
    Lallie

    Antwoord
  2. Hi,

    Ek bewonder jou vir wat jy alles moet deurgaan. Ek is gelukkig getroud met ‘n wonderlike man wat my alles is. Ek weet hy sal ‘n goeie pa eendag wees, want hy het al gese hy wil nie eendag soos sy eie pa wees nie.
    Op hierdie stadium is dit my grootste droom – om ‘n mamma te wees, maar daar is nog ‘n paar dingetjies wat eers uitgeklaar moet word, maar ek weet my pienkvoet sal kom as die tydreg is.

    Ek is bly ek het iemand soos jy in my lewe waar ek raad kan gaan vra en wat ek weet my sal bystaan in alles wat ek doen. Dankie daarvoor.

    Lekker week vir jou en moet nooit dat enigiemand vir jou se jy is ‘n slegte ma nie, jy is ‘n wonderlike ma (en pa). Ek glo dat sy pappa eendag gaan agterkom wat hy verloor het, nie net in jou nie, maar ook in
    BA.

    Mooi bly, Lief julle.
    Z

    Antwoord
  3. E, jy doen ‘n great werk, elke dag, elke oomblik!!!! Die deursettingvermoe wat jy aan die dag le is verstommend! Ek bewonder jou ie daagliks vir wat jy in jou omstandighede doen EN vermag. Jy het voorwaar ‘n liefdevolle seuntjie, hy kan werklik nie vir ‘n liewer mamma as jy gevra het nie!!!! Sterkte, ek weet dis nie altyd maklik nie, maar jy is ‘n inspirasie vir baie mammas!!!!!!!

    Antwoord
  4. SJOE, JA EK IS OOK EEN VAN DIE WAT DIE VERMAAKS BAIE GAAN MIS – DIT IS ONBESKRYFLIK HOEDAT HULLE IN SO KORT TYDJIE SO GRROOOOOOOOOOT LEEMTE KON VUL IN ONS LEWENS – EK DINK HULLE VERPERSOONLIK HOE ‘N MAN EN ‘N VROU MET MEKAAR MOET WEES EN HET VIR ONS KINDERS IN DIE KOMPLEKS GEWYS ELKE DAG WAT SAMESYN IS EN MOET WEES. EK VERAL, DINK DAAR IS ‘N REDE DAT SULKE MENSE OOR ONS PAD KOM EN ‘N BLYWENDE INDRUK LAAT WAAR ANDER VIR JAAAARE IN JOU LEWE KAN WEES (EK BEDOEL NOU NIE NET MANS NIE !!), WEGGAAN EN GLAD NIE ‘N GAATJIE IN ONS HARTE LAAT NIE. VREEMD DAT ONS NIE SO KAN VOEL OOR ALMAL WAT INLOER IN ONS HARTE NIE WANT DIT IS SEKER WAT DIE HERE SOU BEDOEL HET ME “LIEFDE VIR ONS MEDEMENS”. BON VOYAGE B & B EN MAG JULLE NET VREUGDE ERVAAR EN GEE IN ITALIë.

    Antwoord
  5. Ek het uiteindelik kans gekry om jou gedagtes te lees – baie mooi hou so aan en gebruik dit as terapie.

    Sien uit na jou volgende kuier.
    Liefde
    Mamma

    Antwoord
  6. Hi, Sus,

    Het nou net al jou gedagtes en ondervindings gelees en is baie impressed. Hou so aan kan nie wag vir jou volgende stukkie werk nie, het nooit geweet dat jy soveel “woorde” in jou het nie. Dit gaan swaar op die oomblik maar hou moed sus een van die dae sal alles weer reg kom, dink baie aan jou en bid vir jou.

    Mooi bly, kom kuier gou, die een naweek per maand is te min.

    Adele

    Antwoord
  7. Nou waar is die foto’s???? 😦

    Antwoord
  8. Hehe Pikkelik – ek werk daaraan. Een van die dae.

    Antwoord
  9. Wow! ‘n Vrystater, wat ‘n uitsonderlike voorreg!

    Antwoord
  10. ZANDRA

    Hi ek is Jana. Hoekom sou ek vandag op jou blog te lande kom. Dankie vir jou nice gedagtes. Ek hoop ons gaan nog lekker gesels.

    Antwoord

Lewer kommentaar op Zandra Kanselleer antwoord