Category Archives: Kunswerke

Canvas…. en ‘n eerste vir my.

Posted on

Hierdie was die eerste keer wat ek op canvas gewerk het en beslis iets wat ek meer gaan gebruik.

My kollega het vreeslik hiervan gehou en gevra ek moet vir haar ook een maak wat sy as geskenk vir iemand wil gee. Dit was die eerste keer dat iemand iets wou koop wat ek maak.

Hierdie het ek vir haar gemaak.

Ek sien natuurlik heelwat foute, maar is bly dat sy ten minste tevrede is! 🙂

Kreatiwiteit

Posted on

My laaste projek wat ek aangepak het lyk so:

Ek het tokreen gebruik en my seun se babaskoentjies! Lekker morsige spul, maar dit was heerlik.

My volgende tokreen projek sal my balletskoene wees! 🙂

Ek sal soos ek met iets klaar maak, dit op my kunswerke bladsy laai.

E

Kunswerk

Posted on

Ek vra verskoning dat ek so min kom skryf en ook so min by julle inloer. Dis bietjie deurmekaar hier by my, met die nuwe ou wat hier begin het, maar dit lyk of dit van volgende week as rustiger gaan wees, dan sal ek weer oral inloer.

Ek wil darem net vinnig vir julle wys hoe my nuuste projek lyk. Ek is baie in my skik met hierdie werk.

skinkbord1

Lekker naweek julle!!

E

Kreatiwiteit

Posted on

Ek is mal daaroor om met my hande te werk en hou daarvan om mooi dinge te maak. Ek het besluit(seun kry altyd alles) om myself bietjie te bederf met klasse waar ek bietjie uiting kan gee aan my kreatiwiteit.

Ek sal gereeld kom wys wat ek gemaak het.

Hier is my eerste kunswerk. Dis ‘n servet wat ons ‘n 3D effek gegee het en toe geraam het.

 

Ek het toe sommer vir die lekker ‘n paar blikkies mooi gemaak.

Lekker week vir almal verder!

E