Baie geluk!!

Posted on

Almal het ‘n vriend of vriendin wat net altyd daar is as jy hulle nodig het. Bernadine, of sommer Bernie vir almal wat haar ken, is so ‘n vriendin vir my. Sy is altyd daar vir my – ek weet ek kan enige tyd op haar knoppie druk.

Bernie, baie geluk met jou verjaarsdag! Mag jy God’s rykste seën ervaar elke dag!!! Vandag is jou dag my vriendin – geniet dit ten volle! 🙂

Jy beteken vir my so baie en ek weet nie hoe ek dankie kan sê vir al jou hulp, bystand en sommer alles wat jy vir my doen nie – veral in die donker tye.

Jy is ‘n vriendin DUISEND!! Geniet jou dag!!

Wat is ‘n vriendin se liefde?

Dis ‘n houtkruis teen alleenheid,

‘n Steunpilaar in pyn,

‘n Vuurhoutjie en ‘n olielamp,

wanneer jou lewenslig begin kwyn.

Dis ‘n skouer om op te huil,

Wanneer die wêreld jou soms druk,

‘n Hand wat weet wanneer om jou vas te hou,

en wanneer om vir jou ‘n roos te pluk.

Dis ‘n oor wat na jou luister,

Al praat jy soms nie sense,

‘n Stem wat vir jou fluister:

“Jy’s ‘n dierbare mens.”

Dis ‘n kombers teen die koue,

‘n Sambreel teen die reën,

‘n Fort waardeur geen wind kan waai,

Selfs wanneer die donderweer buite dreun.

Dis ‘n telefoonoproep uit die bloute,

‘n Drukkie wanneer jy dit die nodigste het,

En wanneer woorde oorbodig is,

Word Liefde ‘n stille gebed.

Bo alles is Liefde ‘n gawe van God

Geen mens kan daarsonder klaarkom –

Dis die kern van Sy grootste gebod 

liefde aan jou naaste maar belangrik ook aan HOM !!

Dankie vir jou vriendskap.

Dis kosbaar vir my.

E.

2 responses »

  1. Ag dis mooi! Vriendskap is ‘n besonderse ding, koester dit!

    Antwoord

Lewer kommentaar