Diplomaplegtigheid, verjaarsdag…

Posted on

Die naweek het begin met die diplomaplegtigheid van my seuntjie! Hulle het ‘n kersspel opgevoer en daarna was dit die uitdeel van die diplomas. Hulle het te oulik gelyk in hulle togas met die bande en hoede!!!

Ek was heimlik trots op myself dat ek nie gehuil het nie, maar dit was van korte duur. Ben-Arthur het toe hulle begin oefen het, vir my gesê hulle het ‘n verrassing vir die mammas en pappas. Ek is van nature ‘n nuuskierige mens, so ek was toe eers nuuskierig want hy weier om vir my te sê wat dit is.

Na die diplomaplegtigheid het al die Graad R’e nog twee liedjies gesing en dis hier waar ek die trane nie meer kon keer nie. Met die een liedjie het hulle vaarwel gesê vir die juffrouens, die speelgoed en dat hulle gaan verlang. Die ander liedjie het hulle die skoollied gesing, wat hulle eintlik eers volgende jaar gaan sing.

Ek het nou ook hoendervel terwyl ek hier tik en die trane sit maar vlak. Ek het toe besef dat my baba nou groot is en glad nie meer so klein as wat ek hom graag nog sou wou gehad het nie.

My ouers het ook gekom vir die geleentheid en het toe sommer ook die naweek by ons gekuier. Die res van die naweek was heerlik en ons het baie lekker gekuier.

Ek wil ook sommer hier vir my pa wat gister verjaar het sê BAIE GELUK PAPPA!!! Ek dank die Here elke dag dat ek pa nog by my kan hê. Ek is baie lief vir pa! Ek dra dan ook die liedjie van Celine Dion aan pa op. Dit is vir alles wat pa vir my gedoen het en beteken het, veral in die tyd toe ek geskei is.

Because you loved me

For all those times you stood by me
For all the truth that you made me see
For all the joy you brought to my life
For all the wrong that you made right
For every dream you made come true
For all the love I found in you
I’ll be forever thankful baby
You’re the one who held me up
Never let me fall
You’re the one who saw me through through it all

You were my strength when I was weak
You were my voice when I couldn’t speak
You were my eyes when I couldn’t see
You saw the best there was in me
Lifted me up when I couldn’t reach
You gave me faith ‘cause you believed
I’m everything I am
Because you loved me

You gave me wings and made me fly
You touched my hand I could touch the sky
I lost my faith, you gave it back to me
You said no star was out of reach
You stood by me and I stood tall
I had your love I had it all
I’m grateful for each day you gave me
Maybe I don’t know that much
But I know this much is true
I was blessed because I was loved by you

You were my strength when I was weak
You were my voice when I couldn’t speak
You were my eyes when I couldn’t see
You saw the best there was in me
Lifted me up when I couldn’t reach
You gave me faith ‘cause you believed
I’m everything I am
Because you loved me

You were always there for me
The tender wind that carried me
A light in the dark shining your love into my life
You’ve been my inspiration
Through the lies you were the truth
My world is a better place because of you

You were my strength when I was weak
You were my voice when I couldn’t speak
You were my eyes when I couldn’t see
You saw the best there was in me
Lifted me up when I couldn’t reach
You gave me faith ‘cause you believed
I’m everything I am
Because you loved me

You were my strength when I was weak
You were my voice when I couldn’t speak
You were my eyes when I couldn’t see
You saw the best there was in me
Lifted me up when I couldn’t reach
You gave me faith ‘cause you believed
I’m everything I am
Because you loved me

I’m everything I am
Because you loved me

Dan wil ek ook vir pa en ma sê: BAIE GELUK met julle 35ste huweliksherdenking wat ook gister was.

Ek is baie lief vir julle!!

E

6 responses »

  1. Dit was ‘n naweek van feesviering! Baie geluk aan jou pa, met sy verjaardag. En aan jou, met jou seuntjie se diplomaplegtigheid. Maar die grootste gelukwensing aan jou ouers: 35 jaar saam! Dit wil gedoen word, veral in vandag se tyd. Baie geluk!

    Antwoord
  2. Ag ja, is hulle nie te sweet op daardie ouderdom nie! So AMPER groot. Ek onthou op Seun s’n het hulle vir elkeen gevra wat hulle eendag wil word, die meeste wou polisie manne of brandweer manne word. Maar die een outjie het sy borsie so uitgestoot en gesê: “Ek wil ‘n kaasmaker word!” 😆 Dit was so snaaks!

    Baie geluk met al die herdenkings, dra asb my gelukwense aan jou ouers oor!

    Antwoord
  3. My beurt kom nog..ek kan myself indink, dit moet ‘n gevoel van trots en ek-is-nie-reg-daarvoor-dat-jy-so-gou-grootword wees! Baie geluk mamma.
    Bederf jou pa..mens weet nie hoe lank mens hulle nog by jou het nie!

    Antwoord
  4. Soe smaak my jy was besig gewees die naweek. Maar weet net, dis soos môre en as jy wakker word, is hulle groot. Ai ai, vertroetel daardie eerste met heimwee en liefde.

    Aan jou ouers, (as hulle hier lees) Baie geluk julle, mag dit ook ‘n besondere mooi jare vir julle wees, voorentoe. 35jr is ‘n leeftyd. Aan jou pappie, baie baie geluk, mag die Liewe Here u lank spaar.

    Pragtig woorde wat jy op dra aan jou pappie, maar ek glo hy is net so trots om ‘n dogter soos jy te kan hê!! dis reg, dis hoekom mens ouers het, om daar vir jou te wees, soos jy daar vir jou seun gaan wees.

    Op ‘n ligter nood … Dellie, jy bly maar skreeu snaaks vir my .. ‘kaasmaker’ verduidelik die mannetjie! In die Vrystaat?? (gie gie!!)

    Antwoord
  5. Hehe, Ebie, jy sien, so ‘n week of wat voor die gradeplegtigheid was hulle op ‘n “field trip” na ‘n melkplaas, waar joghurt en kaas ook gemaak word. Hulle kon proe en nog saambring huistoe ook. Die mannetjie was heavy impressed met die hele kaasmaak storie! Maar die ouers in die gehoor het sy antwoord vreeslik geniet. 😆 Ek kan net nie onthou wat sy naam was nie, wonder nogal of hy, nou klaar met skool, nogsteeds ‘n kaasmaker wil word?

    Antwoord
  6. Dit was ‘n baie lekker naweek en ek en jou pa is baie bevoorreg om nog te kan deel in die kleinkinders se mylpale – ek kan ook nie glo daardie ou klein babatjie moet nou ookal groot skool toe.

    Aan al die gelukwense met ons huweliksherdenking, wil ons net sê baie dankie – ons het baie sakke sout saam opgeëet en drie pragtige meisiekinders groot gekry en ons dank die Vader elke dag vir hulle.

    Poppie, jy het sover ‘n baie goeie “job” gedoen met Ben-Arthur en jy kan met reg trots wees, soos ons ook is.

    Liefde
    Mamma

    Antwoord

Lewer kommentaar op Rina Kanselleer antwoord